Editor's choiceLocal newsNews

Groot blydskap by skool oor hul 100% slaagsyfer

Ten spyte van die feit dat Panorama 'n spesiale skool is, het hulle 'n 'akademiese weg' hier gebaan.

GROOT blydskap heers by Kempton Panoramaskool oor hul sewe graad 12-leerders van 2016 se 100% slaagsyfer en vier onderskeidings.

Hoewel die skool vir kinders met spesiale leerbehoeftes voorsiening maak, skryf hulle steeds die Nasionale Senior Sertifikaat-matriekeindeksamen, soos enige ander skool.

Dit was die derde agtereenvolgende jaar dat die skool ‘n 100% slaagsyfer behaal het.

Brandon Mitchel het ‘n besondere prestasie bereik met twee onderskeidings in onderskeidelik wiskundige geletterdheid en rekenaartoepassingstegnologie.

Owen Vermaak en Ryan Middleton het elk ‘n onderskeiding in wiskundige geletterdheid behaal.

Hierdie hardwerkende groep het gesamentlik ‘n gemiddeld van 64% behaal, wat ‘n uitsonderlike prestasie is vir leerders met spesiale leerbehoeftes.

Ten spyte van die feit dat Panorama ‘n spesiale skool is, het hulle ‘n “akademiese weg” hier gebaan.

‘n Paar jaar gelede is die spreekwoordelike bul by die horings gepak en is die verdere opleiding en onderwysafdeling by die skool geïmplimenteer.

Back to top button