Editor's choiceLettersOpinion

Hoekom so min Afrikaans in Express?

'Hoe gaan ons taal voortbestaan as ons dit nie in die media kan lees nie?'

MA VAN BIRCHLEIGH skryf:

Kempton Express is ’n gemeenskapskoerant vir alle inwoners. Waarom word Afrikaans dan so afgeskeep?

As ons gelukkig is, kry ons twee berigte en ’n paar skoolfoto’s.

Waarom word berigte oor Afrikaanssprekende inwoners in Engels geskryf, byvoorbeeld Tom Zeeman was vir jare ’n Afrikaanssprekende inwoner.

Waarom was sy berig in Engels? Dalk moet Afrikaanssprekende lesers in die toekoms hul eie berigte skryf. Hoe gaan ons taal voortbestaan as ons dit nie in die media kan lees nie?

Ek het simpatie met jou argument. As gemeenskapskoerant is meer as die helfte van ons lesers nie Afrikaans magtig nie. Om almal te bereik, moet ons dus van Engels as ons hoofvoertaal gebruik maak – Redakteur

Back to top button