Kindernaweek by NG Kempton-Kruin

DIE Kinderbediening van die NG Gemeente Kempton-Kruin bied weer sy jaarlikse kindernaweek aan van 21-23 Oktober vir alle kinders van 4-12 jaar oud.

Die tema vir vanjaar se naweek is “Super Hero Academy”, waartydens gefokus gaan word op die opdrag wat elke kind het om “super heroes” vir Jesus te wees.

Vir een kind is dit R100; R180 vir twee; R250 vir drie en R320 vir vier. Die dagseminaar, Ouers-wat-Jesus-volg, kos R200 per paar/persoon (sluit middagete in).

Registrasie vind plaas op 21 Oktober van 4.30nm tot 6nm by Kempton-Kruin in Fiskaalstraat. Trek ook die Vrydag soos jou gunsteling Super Hero aan.

Vir meer inligting, skakel die kerkantoor by 011-391-1343 of besoek www.kruin-kerk.co.za

Back to top button