Boeremusiek- en countrydans by kerk

DIE Witwatersrand-tak van die Boeremusiekgilde bied op 29 Oktober boeremusiek met ‘n bietjie country aan.

Die funksie vind plaas by die NG Kerk Bonaeropark, 32 Malpensaweg, van 2nm tot 11nm.

Die koste is R50 nie-lede en R30 lede. Eie verversings is welkom.

Kinders onder 18 is gratis en daar is ‘n prys vir die besgeklede paartjie.

Vir navrae, skakel Ilze by 072-610-4913.

Back to top button