Editor's choiceLocal newsNews

Dié ‘weirdo’ is besig om naam te maak

Cosplayers kom gewoonlik bymekaar by groot byeenkomste en dan kan die wat wil aan kompetisies deelneem

’n Kemptonparkse seun, wat al drie jaar by Cosplay betrokke is, is besig om vir homself naam te maak.

Connor Shannon (12) is lid van die plaaslike groep, Cosplay Weirdos, wat by vanjaar se GeekFest 2016 hulself as een van die top kostuumspeler-groepe in die land bewys het.

Hulle het weggeloop met die beste opvoering asook die trofee vir die beste kostuumspelers vir hul “Star Wars BB-8 Behind the Scenes”.

Maar wat is Cosplay? Cosplay kom van die terms kostuum en speel waar kinders, troeteldiere en volwassenes soos hul gunsteling fiktiewe karakter aantrek en dan daardie persoon of karakter “word”.

DIE Cosplay Weirdos by GeekFest 2016. Die groep was eerste in die skit-afdeling en die beste algehele Cosplayers.
DIE Cosplay Weirdos by GeekFest 2016. Die groep was eerste in die skit-afdeling en die beste algehele Cosplayers.

Die Cosplayers kom gewoonlik bymekaar by groot byeenkomste en dan kan die wat wil aan kompetisies deelneem. Kostuums kan gekoop of self gemaak word. Tydens kompetisies berus die beoordeling op hoe goed die kostuum is en hoe die karakter deur die cosplayer uitgebeeld word.

Dit is hier waar die Cosplay Weirdos hul liefde vir dié stokperdjie wys. Cosplay Weirdos bestaan uit ’n pa en seungroep van Kemptonpark, Steven Shannon, Connor en Tristan Rowat.

Connor, ’n leerling aan Oos-Rand Akademie en die jongste lid van Cosplay Weirdos, het al verskeie toekennings ingepalm. Hy was tweede by sy eerste kompetisie, GeekFest 2013, waar hy as ’n “Zombi Slayer” opgetree het. Meeste van die kostuums word self gemaak en die toneel word noukeurig gekies en oor en oor geoefen alvorens dit op die verhoog gaan.

Cosplay Weirdos was eerste by GeekFest 2014 in die skit (opvoering)-afdeling vir hul uitbeelding van “Minecraft Steve and the Villager”.

CONNOR Shannon hard aan die werk met die maak van kostuums.
CONNOR Shannon hard aan die werk met die maak van kostuums.

In 2015 het hulle besluit om hul talente by rAge te wys. Daar het Connor ’n eerste plek behaal in die skit-afdeling met sy Deadpool-karakter. Die opvoering is deur homself geskryf en uitgevoer. Hy was ook vierde in die Solo Western Pop-afdeling.

Volgende Geek-byeenkomste sluit in ICON, rAge, Hobby Island EXPO, The Mall Cosplay Experience en nog vele meer.

Dit stop ook nie by Geek-byeenkomste nie. Cosplay Weirdos is ook betrokke by liefdadigheidswerk, of dit nou is om iemand se dag beter te maak of om geld in te samel vir ’n goeie doel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button