School sportSport

Jeugland maak stem dik in reeks

Die NWU Puk Prestige-reeks is deur Hoërskool Wesvalia in Klerksdorp aangebied

JEUGLAND se sportspanne het die naweek hul stem dik gemaak in die kwartfinale van die NWU Puk Prestige-reeks wat deur Hoërskool Wesvalia in Klerksdorp aangebied is.

Die uitslae was:

Rugby: O/14A Jeugland 21 Wesvalia 5, O/14B 17-17 teen Hugenote (Jeugland teken eerste punte aan en wen daarom die wedstryd), O/15A Jeugland 24 Wesvalia 19, O/15B Jeugland 47 Hugenote 5, O/16A Jeugland 33 Wesvalia 21, O/16B 5-5 teen Wonderboom (Jeugland teken eerste punte aan en wen daarom die wedstryd), tweedes Jeugland 5 Wesvalia 29, eerstes Jeugland 12 Wesvalia 17.

Netbal: O/14A Jeugland 22 Wesvalia 11, O/14B Jeugland 22 Middelburg 8, O/15A Jeugland 13 Hugenote 14, O/15B Jeugland 30 Wonderboom 7, O/16A Jeugland 15 Hugenote 15, O/16B Jeugland 10 Middelburg 14, O/17A Jeugland 11 Wonderboom 32, O/19B Jeugland 8 Hugenote 23, O/19A Jeugland 24 Middelburg 31.

Hokkie: Junior seuns Jeugland 0 Middelburg 4, senior seuns Jeugland 0 Middelburg 1, O/14A Jeugland 7 Wonderboom 0, O/14B Jeugland 1 Middelburg 0, O/15A Jeugland 2 Middelburg 0, O/15B Jeugland 0 Wonderboom 1, O/16A Jeugland 6 Wesvalia 0, tweedes Jeugland 3 Wesvalia 0, eerstes Jeugland 0 Wesvalia 1.

Tennis: Juniors wen 33-30 teen Wonderboom, seniors verloor 22-41 teen Wonderboom.

Skyfskiet: Skuts het die afgelope naweek aan die ESSU proewe deelgeneem en uitstekend gevaar.

O/16 sporterklas 3P: Tristan Swanepoel ontvang goud en Heinrich Kruger silwer.

O/16 sporterklas 10m: Tristan Swanepoel ontvang goud en Heinrich Kruger brons.

O/20 presisieklas 10m: Bernardus Haasbroek en Juhandre Swart behaal beide brons.

Back to top button