Local newsNews

Leona se vingers roer nog Kempton se hartsnare

“Leona en haar oorlede man, Martin, was die mense wat kultuur lewendig gehou het in Kempton Park.”

“Leona was ’n legende. Sy was ’n kreatiewe, kleurvolle en besonderse mens met die warmste hart.”

Dit is die woorde van Micha Hannemann, die voormalige Kempton PArk kultuurbeampte wat die lewe en afsterwe van Leona van Jaarsveld (76) herdenk. Leona het haar stryd teen kanker op 6 Mei na ’n lewe gevul met kultuur, kunste en klavier verloor.

Gemeenskapslede het vertel van haar uiterse musikale gawe wat sy gedeel het met ander deur klavierlesse aan te bied. Leona het vanaf 1963 tot 1967 aan die Universiteit van Pretoria se Konservatorium vir Musiek studeer.

Sy was die dirigent en klavierspeler vir al die musiekproduksies vir vele jare by die Bell Tower Cultural Centre in Monumentweg wat in die 90’s en 2000’s plaasgevind het. Haar betrokkenheid was ooglopend in die operetta groep en Bell Canto Sangers, sowel as vele kunsuitstallings wat daar plaasgevind het.

“Leona en haar oorlede man, Martin, was die mense wat kultuur lewendig gehou het in Kempton Park. Hulle het ook die onderhoud van die Bell Tower Kerk vir al die jare wat hulle daar betrokke was, behartig,” het Hanneman vertel.

Hanneman het volhou dat wat ook al dié paartjie gedoen het, was vir die liefde van kultuur.

LEES OOK: Sonrise Church pastor dies at 61

“Hulle was vrywilligers en het geen geld gemaak uit die produksies wat hulle bystand geniet het nie. Ek onthou kaartjies was glad nie duur nie, maar die kwaliteit van die produksies was van ’n hoë gehalte,” het Hanneman gesê.

Leona en Martin het baie musiek produksies by die Bell Tower verwesenlik, soos die Gilbert en Sullivan se komediese HMS Pinafore, The Pirates of Penzance.

Hulle legende word deur talle onthou, soos deur Lynette Visagie wat vertel het: “Ek het Leona en Martin ontmoet toe ek in beheer van die kultuurafdeling by die ou Kempton Park/Thembisa Stadsraad was.

“Hulle het saam met al die ander kultuurorganisasies en skole in Kempton die Sentrale Kultuurskakelkomitee gevorm, waarvan Han Eybers die voorsitter was. Hulle was op hulle eie verantwoordelik vir die bedryf van die Bell Tower Teater.

Visagie het vertel dat Leona se musiekkennis absoluut fenominaal was wat die teater ’n gesogde uithangplek gemaak het.

“Hulle was werklike staatmakers om kultuur so te bevorder dat Kempton saam met Springs die enigste Oosrandrade was wat ’n teater gehad het.”

Also follow us on:

   

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button