School sportSport

Jeugland se eerstes wen wipplank-wedstryd teen Marais Viljoen

Met Marais Viljoen, wat een van die gunstelinge van die reeks is, het die Jeugies geweet dit gaan ‘n harde stryd wees.

Die afgelope naweek het die Jeugies hul eerste groepwedstryde in die NWU Puk-reeks teen Marais Viljoen van Alberton afgeskop.

Met heelwat gemengde welslae deur die dag was alle oë op die finale wedstryd van die dag – dié van die eerste rugbyspanne.

Die span het laasjaar baie swaer gekry teen die Albertonners en wou vanjaar die bordjies verhang.

Met Marais Viljoen, wat een van die gunstelinge van die reeks is, het die Jeugies geweet dit gaan ‘n harde stryd wees.

Jeugland se skrumskakel Alwyn van Niekerk het vroeg in die eerste helfte agter Marais Viljoen se pale gaan kuier. Marais Viljoen het voor rustyd ook gedruk om die rustydtelling 14-10 in hul guns te laat.

Jeugland het geweet dat hulle alles in die tweede helfte sou moes uithaal om die knoop deur te haak. Marais Viljoen het eerste in die tweede helfte punte aangeteken om hul voorsprong na 21-10 te vergroot.

Die Jeugies se agterlyn het meer bal begin kry en Duvan Cornelius het deur twee laagvatte gebars om JJ Posthumus in die hoekie deur te stuur.

Direk na die afskop het die Jeugies die bal beheer en met ‘n skop druk op die heelagter van Marais Viljoen geplaas. Dié druk het gewerk en Duvan Cornelius het oorgeduik vir die Jeugies se vierde drie.

Jayden Boshoff het die drie verdoel en die Jeugies het met 22-21 voorgeloop. Marais Viljoen het dadelik met ‘n drie teruggeslaan en die telling was 26-22 in hul guns. Maar Jeugland het nooit ophou baklei nie en met drie minute oor het Donovan Esterhuizen in die hoekie oorgeduik om die telling 27-26 in Jeugland se guns te maak.

Back to top button