School sportSport

Carmen moker haar span na trofee

Na meer as tien jaar spog die meisies met die Easterns-titel.

AANHOUER wen. Na meer as 10 jaar van hard probeer spog die meisie-krieketspan van Hoërskool Jeugland vanjaar met die Easterns-trofee.

In die strawwe liga het Jeugland teen skole soos Benoni, Hugenote, John Vorster en Alberton meegeding en elke jaar het die beker hulle ontglip.

In 2017 het die Jeugies egter seker gemaak dat hulle die bordjies verhang.

Die meisies, onder leiding van hul afrigter Nickey Nagel, het ‘n droomseisoen beleef om onoorwonne die Easterns-finaal teen Alberton aan te pak.

Alberton het eerste gekolf en 168/2 in hul 20 boulbeurte aangeteken.

Jeugland se twee openingskolwers, Carmen Nagel en Jessica Slaughter, het al 20 beurte getrotseer en vir ‘n naelbyteinde gesorg. Toe die laaste beurt aangebreek het, was Jeugland nog 12 lopies kort.

Met Carmen voor die paaltjies het sy vinnig die 12 lopies aangeteken met nog twee balle oor. Jeugies het op 174/0 geëindig om aan hulle ‘n 10-paaltjie-oorwinning te besorg.

Carmen het ‘n uitsonderlike 148* lopies geslaan en Jessica het 12* geslaan.

Back to top button