![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/30/2017/11/kempiesatletiek_38903.jpg)
SES Kempies het medaljes tydens ‘n interprovinsiale byeenkoms op Pilditch-stadion, waar hulle as deel van die Sentraal-Gauteng Atletiekspan (CGA) deelgeneem het, verower.
Benewens Sentraal-Gauteng het verskeie ander provinsies ook aan die byeenkoms deelgeneem, waaronder Atletiek Gauteng-Noord (AGN), Atletiek Sentraal Noord-Wes (ACNW), Mpumalanga (Mpu), Vrystaat (VS), KwaZulu Natal (KZN) en Vaaldriehoek (AVT).
Christelle Grobler het goud in gewigstoot o-15 (15.45m) verwerf, terwyl Nicko Venter eerste in hamergooi 0-15 (46.66m) was.
Christelle was ook tweede in diskusgooi o-15 (41.59m), terwyl Juan Oosthuyzen silwer in gewigstoot o-15 (17.42m) verower het.
Chante Dixon was derde in die 1 500m o-15 (4:55.73).
Juan Oosthuyzen, Ashley Cloete en Kerry-Ann Botha het ook aan die byeenkoms deelgeneem en hulself teen strawwe kompetisie gehandhaaf.