CrimeEditor's choiceNews

Buurtwag volg gesteelde kar tot in Tembisa

Die Kia kon deurentyd gevolg word deur middel van die sein van ’n selfoon binne die voertuig

DIE AfriForum-buurtwag in Kemptonpark, in samewerking met die SAPD, het binne 24 uur op 5 Februarie ‘n arrestasie gemaak.

Die buurtwag het ’n gekaapte voertuig tot in Tembisa agternagesit en daar opgespoor.

Hulle het die Sondagaand ’n oproep ontvang dat ’n Kia Rio in Bamboostraat gekaap is en dat die voertuig in die rigting van Tembisa beweeg het.

Die Kia kon deurentyd gevolg word deur middel van die sein van ’n selfoon binne die voertuig. Kemptonpark SAPD het die buurtwag aanvanklik gehelp, waarna die Tembisa SAPD en die metropolisie ontbied is om die buurtwag verder by te staan tot waar die gekaapte voertuig gevind is.

“Ek is baie trots op wat die buurtwag vermag het, asook die manier waarop die polisie en metropolisie ons bygestaan het. Samewerking met die polisie en ander rolspelers kan net verdere suksesse oplewer,” sê Jan Vermaak, voorsitter van die AfriForum-buurtwag in Kemptonpark.

 

Back to top button