Standerton Landbou Skou vier lente met oorgawe

Perdeliefhebbers is nie oor die hoof gesien nie en die 11de jaarlikse saalperdskou op 13 en 14 September beloof om aan verwagtinge te voldoen met 200 spogperde te siene.

Standerton Landbou Skou se hekke sal vir die publiek op Donderdag 12 September oopmaak nadat die amptelike sny van die lint afgehandel is.

Dié fees sal afsluit op Sondag 15 September wanneer dr. Dirkie van der Spuy om 11vm ‘n gesamentlike erediens sal lei.

Die voorafgaande dae is ‘n potpourri van aktiwiteite met feesgangers wat verskeie stalletjies sal kan besoek, smul aan kos, die innerlike moontlik versterk en luister na die vermaaklikheidskunstenaars wat hul plek op die verhoog sal inneem.

‘n String bekendes soos Marli Geyser, Jo Black, Klikkerland, Gavin Edwards, Demi-Lee Moore, Snotkop, MarulaBoom, Winterglas, Buster & Bella, Adam Tas en Janco Loubser sal hul opwagting maak om gaste deurentyd te vermaak

Boere sal ongetwyfeld ‘n draai by die veeskou wil maak waar 18- SAVM-skape, 80 Ile de France-skape, 150 boerbokke en 200 beeste van verskeie rasse van naderby bekyk sal kan word met PJ Nel en Johan de Bruto wat sorg vir die musiek.

Perdeliefhebbers is nie oor die hoof gesien nie en die 11de jaarlikse saalperdskou op 13 en 14 September beloof om aan verwagtinge te voldoen met 200 spogperde te siene.

Sou jy die skou met ‘n foto wil verewig, sal die fotohokkie die aangewese keuse wees.

‘n Televisiegunsteling, Hannon Bothma, se Mpumalanga-span sal op 14 September ‘n werkswinkel aanbied en kaartjies beloop R250 per persoon.

Die groot vermaaktent sal die evasgeslag vanaf 9vm tot 12nm met allerlei wenke en raad bedien, maar hou in gedagte dat toegangskaartjies nie by die hekke beskikbaar is nie.

Die skoukomitee het aangedui dat ‘n beperkte aantal kaartjies beskikbaar is en Madalea kan by 072 548 5636 geskakel word. Dié wenner van die kompetisie sal tot in die afgrond bederf word met ‘n fotosessie, grimering, haarstilering en bowenal, ‘n uitrusting op dié dag.

Die skou het reeds op Vrydag 23 Augustus hul skoudans aangebied waar gaste in hul Oscar-uitrustings in die pragtigversierde saal kon pronk.

Wat bly oor? Byna is die hondeskou nie genoem nie.

Hengelkas nooi diereliefhebbers om hul troeteldier in te skryf om as Standerton se mees unieke hond aangewys te word en ‘n skamele nie-bederfbare hond- of katproduk, wat aan die DBV geskenk sal word, is die inskrywingsgeld.

Die volledige skouprogram is in die Standerton Advertiser se skoubylaag.

Pa en ma se beursies sal vir Standerton se skou oopgemaak word teen R20 vir laerskoolleerders, R30 vir hoërskoolleerders en R50 vir volwassenes vir elk van die drie dae, maar seisoenkaartjies kos onderskeidelik R50, R80 en R120.

Lees die program van die Standerton Lanbou Skou 2019 hier: 

https://standertonadvertiser.co.za/standerton-landbou-skou-2019/

Exit mobile version