Ermelo Fotoklub geniet besoek van Leon Pelser tydens maandvergadering

Divan van Greunen is aangewys as die junior-wenner en Jan van Niekerk is as die senior-wenner aangewys.

Ermelo Fotoklub het op Vrydag 4 Mei, tydens hulle maandvergadering, mnr. Leon Pelser van Kriel, as spreker gehad.

Lede van die klub kry elke maand die kans om foto’s in hulle onderskeie kategoriëe asook in die vasgestelde onderwerp in te skryf.

Die foto’s wat ingeskryf vir Mei is deur mnr. Pelser beoordeel om die wenners aan te wys.

Divan van Greunen is aangewys as die junior-wenner en Jan van Niekerk is as die senior-wenner aangewys.

Die vasgestelde maandonderwerp was trappe.

Jan Ellis is met sy foto ‘Trappe’ as die junior-wenner aangewys en Japie Celliers met ‘Trappe’ is as die senior-wenner aangewys.

Lees die volledige berig met die uitslae van elke kategorie in die Hoëvelder.

George Prinsloo se foto ‘The race’ as die 3 ster-wenner aangewys. (Foto: George Prinsloo)

 

Divan van Greunen met ‘Texture’ is as die 1 ster-wenner aangewys tydens Ermelo Fotoklub se Mei-maand byeenkoms. (Foto: Divan van Greunen)

 

Japie Celliers met sy foto ‘Trappe’ is as die senior-wenner in die vasgestelde maandonderwerp aangewys. (Foto: Japie Celliers)

 

Andrew Roos met ‘Karate kick and block’ is aangewys as die wenner in die 4 ster-kategoriëe. (Foto: Andrew Roos)

 

Jan van Niekerk is die 5 ster-wenner met sy foto ‘Medina in wit’. (Foto: Jan van Niekerk)

 

Jacques Kruger is as die wenner in die 2-ster kategoriëe aangewys met sy foto ‘Groenkopeend’. (Foto: Jacques Kruger)

 

Jan Ellis is met sy foto ‘Trappe’ as die junior-wenner in die vasgestelde maandonderwerp aangewys. (Foto: Jan Ellis)
Exit mobile version