Nuwe asem in vanjaar se Hoëveld Landboufees ingeblaas

’n Ander nuweling wat by die Hoëveld Landboufees sal aansluit is die “Gospel Fees” wat Sondag, 10 Maart sal plaasvind.

Die Hoëveld Landboufees se komitee is opgewonde oor die talle nuwe stalletjies wat by vanjaar se skou te sien sal wees.

Onder die stalletjies sal daar vir die gene wat gesondheidsbewus is, ‘n varsprodukte mark, ‘banting-produkte’, gesondheids-sappies en ‘n verskeidenheid vars gesondheids-gebak wees.

Handgemaakte speelgoed vir kinders en ‘n verskeidenheid brei en hekelwerk deur die inwoners van die ouetehuis sal ook by die skou te sien wees.

Klerestalletjies van mans en vroue, asook vellie-skoen, handgemaakte produkte en juweliersware sal skougangers nie teleurstel nie.

Die kosstalletjies sal onder andere ‘n verskeidenheid vetkoek geregte, hamburgers, worsbroodjies en kerrie en rys beskikbaar hê.

Koos Schoonraad, wat sedert 2004 by INNIBOS se drankstalletjies betrokke is, is vanjaar by die skou te sien met ‘n wyn- en gintuin.

Die restaurant en biertent sal sorg dat niemand honger of dors gelaat word nie.

Toegang beloop R30 pp vir skoliere en R60 pp vir volwassenes.

Voorskoolse kinders wat vergesel word deur hul ouers sal gratis toegang ontvang.

‘n Ander nuweling wat by die Hoëveld Landboufees sal aansluit is die “Gospelfees” wat Sondag, 10 Maart sal plaasvind.

Dié fees begin om 2nm met lofprysing en toegang is gratis. Ds. Dirkie van der Spuy sal omstreeks 3nm ‘n boodskap lewer.

Ds. Dirkie van der Spuy sal die diens by die “Gospelfees” wat Sondag, 10 Maart plaasvind, behartig. (Foto: Verskaf)
Exit mobile version