EntertainmentLifestyle

Ermeloërs maak gereed vir ’n opwindende en prettige skou-naweek

Die mallemeule beloof vir groot opwinding vanjaar vir die kinders, asook die volwassenes wat dapper genoeg is.

Ermeloërs kan reeds begin uitsien na die Hoëveld Landbouskou wat 7, 8 en 9 Maart plaasvind.

Skougangers sal saans vermaak word deur Franja du Plessis, Jay, LEA, Adam die Band, Refentse en Appel.

Perdekampioenskap, 4×4 Extreme Offroad-Avontuurroete en ‘Boeboe die Nar’ sal onder andere sorg vir vermaak gedurende die dag.

Die mallemeule beloof vir groot opwinding vanjaar vir die kinders, asook die volwassenes wat dapper genoeg is.

Die landbou-afdeling sal nie afskeep nie en daar sal weer soos altyd met skape, beeste, perde en pluimvee geskou word.

Die restaurante en verskeidenheid kosstalletjies sal verseker dat niemand honger ly nie en die biertent sal die kele nat hou.

Vir die inkopieliefhebbers sal die stalletjies binne in die saal en op die terrein hulle vir ure kan besig hou.

Toegang beloop R30 per persoon vir skoliere en R60 per persoon vir volwassenes.

Voorskoolse kinders wat vergesel word deur ouers is gratis.

Related Articles

Back to top button