EntertainmentLifestyle

Moenie Tolderia se pretdag misloop nie – 2 Februarie

Die Flying Cows Pitts Special akrobatiese-vliegspan sal die dag ’n vertoning lewer wat nie gemis moet word nie.

Die tyd het aangebreek vir Ermeloërs en alle Hoëvelders om te deel in die pretdag eerskomende Saterdag, 2 Februarie by Tolderia-vakansieoord op die pad tussen Ermelo en Lothair.

Die organiseerders is opgewonde oor die Tolderia-bergfietsuitdaging wat aangebied word. Fietsryers van oral oor word verwag om aan die wedren deel te neem.

Vir die waaghalsiges is daar bande wat agter die bote gesleep word, asook ‘n nuwe glybaan.

Die’Flying Cows Pitts Special’ akrobatiese vliegspan sal die dag ‘n vertoning lewer wat nie gemis moet word nie.

Helikopterritte sal beskikbaar wees vir die feesgangers wat die pretdag uit die lug wil aanskou.

Tussendeur kan ‘n verskeidenheid uitstallings besigtig word, terwyl die kosstalletjies die honger sal stil en die groot dors in die biertuin geles kan word.

Skakel mnr. André van Rooyen by 082 417 0174 of mnr. Piet van Zyl by 082 212 7436 vir meer inliting oor die dag

Related Articles

Back to top button