Ermelo Rotaryklub bied tweede Kersmark by die Jimmy Loubsersaal op Ermelo aan

In totaal was daar vanjaar 40 uitstallers wat hard gewerk het om die fees ’n sukses te maak en te sorg dat daar vir oud en jonk iets te koop is.

Ermelo Rotariërklub het Vrydag, 30 November hulle tweede Kersmark by die Jimmy Loubsersaal op Ermelo se skouterrein aangebied.

Die joligheid het om 2nm afgeskop.

Sowat 40 uitstallers het gehelp om die fees ‘n sukses te maak en te sorg dat daar vir oud en jonk iets te koop is.

Die Kersmark het ‘n “soft-play”-speelgebied gehad vir kinders om te geniet, terwyl ouers die stalletjies kon deurloop op soek na die perfekte Kersgeskenke.

Feesgangers het gesmul aan heerlike tuisgebak om van te kies en te keur.

Gary Photography het die prys ontvang vir die mooiste stalletjie.

Die Rotariërklub het ook hulle dank uitgespreek teenoor die borge Nashua Highveld, Camels Madness en Wildman, asook aan almal wat die Kersmark moontlik gemaak het en elke inwoner wat die tweede mark ondersteun het.

Die kolwyntjie en lekkergoedstalletjie het tydens die Rotaryklub se Kersmark voorkeur geniet by die jongspan.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version