EntertainmentLifestyle

Sewe minute om ‘oepsie’ op WhatsApp reg te maak

Het jy ’n boodskap of foto verkeerd gestuur op WhatsApp? Maak gou reg jou “oepsie” want jy het net sewe minute.

Artikel: Potchefstroom Herald

Het jy ’n boodskap of foto verkeerd gestuur op WhatsApp? Maak gou reg jou “oepsie” want jy het net sewe minute.

Reg gelees.

Dit is nou moontlik om daardie WhatsApp boodskap wat verkeerdelik aan ander gebruikers gestuur is, uit te vee.

Die openbare vraag na ’n funksie om ’n Whatsapp “oepsie” te kan regstel, was so groot dat die boodskapdiens nou die regstelling moontlik maak.

Gebruikers het sowat sewe minute om ’n boodskap uit te vee wat op albei gebruikers se toestelle sal verdwyn.

Na dié tydperk sal die opsie nie meer beskikbaar wees nie en kan gebruikers net die boodskap op hul eie toestelle uitvee.

Boodskappe sal in gesprekke tussen twee persone of in groepe uitgevee kan word.

As ’n boodskap uitgevee word, is daar ’n kennisgewing wat aandui dat die boodskap uitgevee is en sal die persoon aan wie die boodskap gestuur is, ook weet dat ’n boodskap uitgevee is, hoewel dit dan nie meer leesbaar is nie. Hoe gaan jy te werk?

Maak seker die jongste weergawe van WhatsApp is op jou slimfoon of rekenaar geïnstalleer. Sodra jy ’n WhatsApp boodskap aan ’n gebruiker of groep gestuur het wat jy wil uitvee, kies die uitvee opsie in die regterkantse hoek om die boodskap op beide toestelle uit te vee.

As jy die opsie gekies het word die boodskap op beide toestelle uitgevee.

Die diens is beskikbaar gestel vir die jongste weergawe van WhatsApp vir onder meer iPhone, Android, Windows-slimfone en Whats-App se desktop-weergawe.

Volgens die boodskapdiens mag daar soms tegniese probleme met die funksie wees, wat veroorsaak dat die boodskappe nie altyd uitgevee word nie. Jy sal ook nie in kennis gestel word as ’n boodskap nie uitgevee is nie.

Related Articles

Back to top button