Ball Busters op ’n “rol” met twee in ’n ry

Foto's: Rolbalbesigheidsliga prysuitdeling

 

Die vroue van Sentraal Eiendomme is aangewys as die bes gekleede span in die Dinsdaggroep
Major Steel is die Donderdaggroep se bes gekleede span.
Die agterosse: Yolandi Skoonheid.

In die derde plek: Weegbrug
De Wit Motors het tweede geëindig.
Die wenspan; Ball Busters

Die Ball Busters-span is  Woensdagaand as kampioene van Ermelo Rolbalklub se jaarlikse “Groot”  Besigheidsliga gekroon.

28 spanne het aan die toernooi, geborg deur nashua Highveld, deelgeneem.

De Wit Motors moes met die tweede plek tevrede wees en die Weegbrug-span het derde geëindig.

Sentraal Eiendomme en Major Steel is in hulle onderkeie groepe beloon as die spanne met die beste kleredrag.

Die span van Yolandi Skoonheid het vanjaar met die agteros-trofee weggestap.

Die Ball Busters-span wat ook as wenners in verlede jaar se “Klein” liga uit die stryd getree het is beslis ’n span om dop te hou in die kleiner-liga wat later vanjaar plaasvind.

Volledige uitslae in volgende week se uitgawe van die Hoëvelder.

 

 

Related Articles

Back to top button