FeaturesHolidayLifestyle

Wat wil klein kinders hê vir kersfees?

’n Paar kinders van die Debruinpark Speelskool is gevra wat hulle vir Kersfees hê. Hier is hul antwoorde.

’n Paar kinders van die Debruinpark Speelskool is gevra wat hulle vir Kersfees hê. Hier is hul anrtwoorde.

Clayton Nell, 6 jaar oud wil ’n vliegtuig en televisie vir kersfees hê. Die vliegtuig moet rooi en blou wees en hy dink moet rêrig kan vlieg. Op die televisie, wat in sy kamer moet wees, wil hy sommer enige iets kyk. Clayton gaan Laerskool JJ van der Merwe toe.

Franciska Nel, ook 6 jaar oud, wil ’n bees hê vir kersfees! Toe sy gevra is waar sy die bees gaan bêre het jy geantwoord “Man, ek weet nie regtig nie maar ek dink ek sal hom buitekant bêre waar al my goeters is waar ek speel want die honde is voor.” Kersvader sal die bees maar moet bring want hy is nie bang vir ’n bees nie. Sy gaan by ’n swemplek vakansie hou maar sy weet nie waar nie, dis ’n verassing.

Janie Uys wil ’n Barbie pop met blonde hare hê vir kersfees. Sy gaan mosambiek toe vir vakansie. Sy weet nie waar dit is nie want sy was nog nie daar gewees nie.

Monya Thomas  wil ’n foon hê vir kersfees sodat sy haar ma en al haar vriende kan bel. Sy gaan nie weg vir die vakansie nie want sy was klaar met vakansie.

Domnique Ledeboer wil hê Kersvader moet vir haar ‘bubbles’ bring vir kersfees. Sy is is nie bang vir kersvader nie,  “want hy gaan my mos nie bang maak nie. Kersvader het ’n lang wit baard.”

Migueul Borges wil ’n boomerang hê vir kersfees.  “Mens gooi ’n boomerang in die lug in en dan kom hy terug na jou toe.” Hy weet mens kan ’n boomerang net buite gooi. Hy is ook nie bang vir kersvader nie. “Kersvader het maar net ’n silly lang wit baard. My oupa se baard is ook wit maar dit is nie so lank nie,” het hy laat weet.

En “nee,” sê hulle almal. “Kinders is nie bang vir kersvader nie want hy is net ’n mens wat soos kersvader aantrek.”

Related Articles

Back to top button