EntertainmentLifestyle

Jy is 100% boer as…

* Jou radio iewers tussen 100 en 103 staan

* Jou regterarm bruiner is as jou linkerarm

* Jou voorarms dikker is as jou bo-arms

* Jy beter kan bestuur op die grondpad as op ‘n teerpad

* 4 karre in ‘n ry is vir jou rowwe verkeer

* Jy versnel as daar ‘n jakkals oor die pad hardloop

* Jy ‘n hek kan oop- en toemaak sonder om jou gesprek te onderbreek

* Jy skaapkraal toe stap in plaas van kafee toe as die vleis op is

* Hoender en vis vir jou tel onder groente

* Jou honde net van pap en melk lewe

* Jy meer as een keer per week bloei sonder om te weet hoe dit gebeur het

* Jy drie stelle finansiĆ«le state aanhou. Een waarop jy amper bankrot is vir SARS, een waarop jy op die rand van miljoenĆŖr is vir die bankbestuurder en een wat die waarheid is

* Jy Zoeloe/Sotho beter kan praat as Engels

* Jy eerder jou hemp sal uittrek as jou hoed afhaal

* Jy alle mans met ‘n ferm hand groet en al die vrouens soengroet, veral vreemde mense

* Jy dink ‘n meneer gee skool en al die ander mense kan aangespreek word as oom en tannie

* Jy ingeskryf is op die Landbouweekblad en elke week uitsien na Werfbobbejaan

* Jy liewer is vir jou trekker as vir jou skoonseun

* Jy kan sĆŖ watter kant toe die wind waai sonder om jou vinger nat te lek

* “Afrikaners wat saamstaan” vir jou beteken die beeste is in die kraal

* Jy op die 5de Julie nog ‘n kortbroek dra

* Jy dink metro-man is die nuwe naam vir moffies

* Jy die weer beter kan voorspel as die SABC

* Jou radio iewers tussen 100 en 103 staan

* Jy elke keer moet gaan was en mooi aantrek as jy ‘n kar hoor aankom

* Jy die woord “Gel” net gebruik in sinne soos: “Gel, maar dit is koud!” of “Gel, maar nou is ek honger!”

* Jy naastenby enige iets met “insulation”-tape, ‘n tang en bloudraad kan regmaak

Related Articles

Back to top button