Vanuit my stoel

Toe ek 20 jaar gelede uit die Kaap in Ermelo aangekom het was ek oortuig dat ek noot op die platteland sal aanpas nie. Intussen het ek myself hier tuis gemaak en glo ek dat ek myself nou ‘n Ermeloër kan noem. Oor die jare het ek die gesegde “home is where your heart is” …

Toe ek 20 jaar gelede uit die Kaap in Ermelo aangekom het was ek oortuig dat ek noot op die platteland sal aanpas nie.

Intussen het ek myself hier tuis gemaak en glo ek dat ek myself nou ‘n Ermeloër kan noem.

Oor die jare het ek die gesegde “home is where your heart is” my eie gemaak.

Hier vanuit die Hoëvelder se kantoor, en spesifiek uit my stoel, kruis mense van alle vlakke van die samelewing my pad.

Dit is vir my lekker om te sê dat ek met almal oor die weg kom en dat ons meeste mense gewoonlik tevrede uit my kantoor uitstap.

Daar word soms met die plaaslike regering en ander instansies koppe gestamp oor dienslewering, maar meeste van die tyd vind ons die goue middeweg.

Ermelo se mense het oor die jare MY mense geword en met my laaste van drie spruite wat nou besig is met haar eindeksamen, het ek goeie verhoudings met al die skole gebou.

Ons nuusbronne en kliënte bly vir ons almal waardevol en ons streef daagliks daarna om soveel moontlik mense gelyk gelukkig te hou en terselftertyd te sorg dat die gemeenskap ingelig en op hoogte bly.

Kom draai gerus hier by die Hoëvelder se kantoor. Die ketel is altyd gereed om te kook en die personeel altyd gereed om te help.

 

Exit mobile version