School sport

Ligbron dogters maak hul merk by Noordvaal hokkie-toernooi

Die dogtersspan het Ligbron se naam hoog gehou en tot in die eindstryd gevorder waar hulle met Hoërskool Monument kragte gemeet het.

Die Liggies se eerste dogtershokkiespan het onlangs aan die Noordvaal hokkie uitspele deelgeneem wat by Cornwall High School in Pretoria aangebied is.

Die span het Ligbron se naam hoog gehou toe hulle tot in die eindronde gevorder het.

Dit was ‘n opdraande stryd tot in die eindronde.

Die wedstryde se uitslae is as volg:

  • Hul eerste wedstryd was teen Hoërskool Monument van Krugersdorp waar hulle 0-3 verloor.
  • Daarna het hulle gelyk geëindig teen Midstream. Dit het hulle ’n plek in die kwarteindronde verseker.
  • Daar het hulle 2-1 teen Hoërskool Middelburg geseëvier.
  • In die halfeindronde speel hulle teen Potchefstroom Gimnasium. Dit was ‘n naelbyt wedstryd wat hulle 3-2 gewen het.
  • Hulle speel in die eindronde weer teen Hoërskool Monument en verloor ongelukkig die wedstryd 0-6.

“Baie geluk aan hierdie span en hul afrigter, Lizmarie van Eeden,” het Gerhard Brand, skoolhoof, gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button