Laerskool JJ van der Merwe skop krieketseisoen op goeie noot af

Laerskool JJ van der Merwe het hul staal gewys en Standerton met agt paaltjies geklop.

Laerskool JJ van der Merwe se krieketspanne het die seisoen onlangs op ’n goeie noot afgeskop.

JJ se tweede span het teen Destiny Gateway se eerste span te staan gekom en die wedstryd met drie paaltjies gewen.

Destiny se telling ná 25 boulbeurte was 186/6. JJ het in 22,2 boulbeurte dié telling verbygesteek.

Francois Boshoff was met sy 52 lopies JJ se beste kolwer vir die dag.

Die beste boulers was CJ Kearney met 2/6 na twee boulbeurte en Francois Boshoff met 1/9 na vyf boulbeurte.

Laerskool JJ van der Merwe se tweede krieketspan in aksie. Foto | René Joubert

JJ se o. 11B-span het teen Laerskool Standerton kragte gemeet.

Hulle het Standerton met agt paaltjies geklop.

Standerton se telling ná 25 boulbeurte was 123/8. JJ het dit ná 17,2 boulbeurte verbygesteek,

Daniel Pienaar was met 39 nie uit nie JJ se beste kolwer, en Malibongwe Gumede en Christiaan Nel was die beste boulers.

Exit mobile version