Ligbron meet kragte met Hoërskool Secunda

Die dogterspanne het Saterdag teen Hoërskool Secunda gespeel, terwyl die seunspanne hul wedstryde deur die loop van die week gespeel het.

Ligbron se seuns- en dogtershokkiespanne het teen Hoërskool Secunda gespeel.

Die dogterspanne het Saterdag teen Hoërskool Secunda gespeel, terwyl die seunspanne hul wedstryde deur die loop van die week gespeel het.

Die o. 14-dogterspan het met 1-0 gewen, terwyl die o. 15-dogters met 2-0 geseëvier het.

Elandri Kleynhans.

Die o. 16-dogterspan het egter met 3-6 verloor.

Die tweede dogterspan het ’n oorwinning met 2-0 behaal, maar die eerste dogterspan het met 0-6 verloor.

Die o. 14-seuns het ’n oorwinning met 2-0 behaal, terwyl die o. 16-seunsspan met 6-0 verloor het. Die eerste seunspan het met ’n ruim 5-0 geëindig.

Die spelers het hul uiterste bes probeer om ’n oorwinning te behaal.

Lanri Korff.
Exit mobile version