Errie presteer in Durban fietsrytoer

In die 40 km-resies het sy eerste in haar ouderdomsgroep en 11de van al die vroue geëindig.

Luzaan Durand, ’n gr. 12-leerder van Hoërskool Ermelo, het op 13 Mei aan die Mountain Bike Trail-toer in Durban deelgeneem.

In die 40 km-resies het sy eerste in haar ouderdomsgroep en 11de van al die vroue geëindig.

Tydens die 110 km-padresies op 14 Mei het Luzaan ’n tweede plek in haar ouderdomsgroep en ’n sesde plek in die o. 23-afdeling behaal.

“Baie geluk met die besonderse prestasie, Luzaan. EHS is trots op jou talent en uitslae,” het Pieter Grobler, die skoolhoof, gesê.

Exit mobile version