School sport

Ligbron spog met Protea-hengelaar

John was die kaptein van die noordelike afdeling, wat Mpumalanga en Limpopo insluit.

John Loyd, ’n gr. 12-leerder van Ligbron Akademie vir Tegnologie, is onlangs tydens die South African Bass Angling Association se nasionale kompetisie vir die Protea-hengelspan gekies.

Die kompetisie is by die Wriggleswadedam naby Stutterheim in die Oos-Kaap aangebied.

John was die kaptein van die noordelike afdeling, wat Mpumalanga en Limpopo insluit.

John Loyd is onlangs vir die Protea-hengelspan gekies.

Hy het nie net die swaarste sak vol vis gevang nie, maar het ook die grootste vis gevang.

Na afloop van die kompetisie is die Protea-span van 13 hengelaars aangewys, waarvan John een is.

Die span sal in Desember teen ’n internasionale span deelneem.

“John is vir seker ’n hengelaar wie se visvangstories ‘n mens kan glo! Welgedaan!” het Gerhard Brand, Ligbron se hoof, gesê.

Related Articles

Back to top button