Ermelo-dogter verbeter haar ma se hoogspring-rekord van 26 jaar

Ellané se hoogspringafrigter, Lorette Strydom, wat ook haar tannie is, het volgens die gesin met opset nagelaat om haar in te lig dat haar volgende sprong haar ma se rekord kon oorskry.

Die oomblik toe Ellané Dos Reis van Laerskool JJ van der Merwe oor die hoogspringlat seil, het sy onwetend haar ma, Elma, se rekord verbeter.

Die rekord van 1,29 m is in 1997 deur Elma opgestel.

Haar dogter het op 1,3 m oor die lat gespring.

Ellané se hoogspringafrigter, Lorette Strydom, wat ook haar tannie is, het volgens die gesin met opset nagelaat om haar in te lig dat haar volgende sprong haar ma se rekord kon oorskry.

“Een van die grootste uitdagings in hoogspring is om nie te veel oor jou sprong te dink nie, jou kop is meeste van die tyd jou grootste vyand,” het Elma gesê.

Elma Dos Reis tydens die hoogspring in 1997.

Toe sy na die lat hardloop, opspring en oorseil, was Strydom agter haar, op die punte van haar tone met haar lyf en bene bykans saam met Ellané in die lug.

“Dit was ’n oorweldigende oomblik en so spesiaal dat my dogter my rekord kon verbysteek en ons is baie trots op haar.”

Hoëvelder wou by haar weet of sy haar tannie se woorde aan haar net voor die sprong kon onthou, maar sy het skaam begin lag en vertel dat die oomblik te groot was en dat sy niks kan onthou nie.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

 

 

 

 

Exit mobile version