Ligbron skitter by kriekettoernooi

Vyf skole het vanaf 3 tot 7 aan die Rob Legacy Krieketweek deelgeneem en Ligbron se dogtersspan het uitstekend gevaar

Ligbron se eerste dogterskrieketspan het vanaf 3 tot 7 Julie aan die Rob Legacy Krieketweek deelgeneem.

Die toernooi is deur Hoërskool Rob Ferreira op Witrivier aangebied.

Vyf skole het daaraan deelgeneem; Ligbron, Noordheuwel, Lydenburg, HTS Witbank en Rob Ferreira.

Die Liggies het gewys waarom hulle een van die beste spanne in die provinsie is. Hulle wen hul eerste wedstryd teen Noordheuwel se tweede span met 105 lopies. Daarna klop hulle Rob

Ferreira se tweede span met 70 lopies. In hul wedstryd teen Rob se eerste span, wen hulle met vyf paaltjies, waarna hulle teen Hoërskool Lydenburg met nege paaltjies wen.
Noordheuwel se eerstes was die enigste span wat hulle kon stuit, en hulle verloor die wedstryd met 97 lopies.

Die Liggies spog met vier uit vyf wenne wat hulle teen die einde van die toernooi tweede plaas.

“Ligbron is trots op hierdie span se uitstekende krieket,” het Gerhard Brand, die skoolhoof, gesê.

Exit mobile version