Local sport

Harde werk en deursettingsvermoë maak Ermelo-seun SA stoeikampioen

Nadat hy sy skouer uitgehaak het moes hy noodgedwonge uit die vrystylkampioenskap onttrek.

ERMELO – Kort voor die Suid-Afrikaanse stoeikampioenskap het Teghan Breytenbach van die Ermelo Stoeiklub net een doel voor die oë gehad, en dit was om ’n SA kampioen te word.

Dié droom is tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskap op Brakpan bewaarheid, maar nie sonder uitdagings en baie moeilike besluite nie.

Hy het op die ouderdom van 11 begin stoei, en het reeds tóé al gedroom om op die boonste trap van die Suid-Afrikaanse podium te staan.

“Ek het jare se harde werk ingesit om my doel te bereik. Dit was glad nie ’n maklike taak om te kwalifiseer om deel van die Mpumalanga-span te wees nie, en dis nog moeiliker om ’n goeie eindresultaat by die kampioenskap te verower,” het Breytenbach gesê.

Hy sukkel al vir ’n paar jaar met komplikasies met sy knieë en ander beserings, maar het nie toegelaat dat dit hom onderkry nie.

Teghan Breytenbach gekroon as kampioen. Foto | Verskaf/Ermelo Stoeiklub

“Stoei is ’n sport wat jare vat om te bemeester, en al dink jy dat jy dit gedoen het, is daar altyd nog wat jy kan en moet leer.”

Vir hom was die belangrikste aspekte van sy opleiding selfdissipline, selfrespek en sterk deursettingsvermoë.

Kort nadat hy gekwalifiseer het om deel van die Mpumalanga-span te wees, het hy geweet sy gemoed was ingestel om die taak wat voorlê aan te pak.

Die kwalifikasie was nie lank ná ’n erge kniebesering nie, en hy was steeds besig met rehabilitasie, maar het positief gebly om ten volle vir die Suid-Afrikaanse kampioenskap te herstel.

Tydens dié kampioenskap het hy sy eerste wedstryd gewen en was hy gereed vir die opkomende wedstryd.

Dit was hier waar dinge skeef begin loop het, nadat hy sy skouer uitgehaak het en noodgedwonge van die vrystylkampioenskap moes onttrek.

“My hart was gebreek, en ek het ná baie ernstige gesprekke met my afrigter, ma en ouma besluit om te kyk wat die volgende dag se Grieks-Romeinse kampioenskap vir my inhou.”

Lees in vandeesweek se Hoëvelder hoe hy hierdie struikelblok oorkom het.

Related Articles

Back to top button