Funduro stel grondfietsryers op die proef

Die atmosfeer was gevul met opgewonde en vriendskaplike gees tussen toeskouers en deelnemers, wat bygedra het tot ’n onvergeetlike dag vir almal wat teenwoordig was.

Die Funduro-geleentheid, aangebied deur Overvaal Events, wat Saterdag 17 Junie plaas gevind het, was ‘n ware paradys vir grondfietsentoesiaste.

Met drie roetes om van te kies, die 25 km, 15 km en 12 km, het hierdie gebeurtenis die perfekte geleentheid vir ryers van alle vlakke gebied om deel te neem.

Die paaie wat aangedurf moes word, was opwindend en redelik intimiderend, maar die asemrowende natuurskoon het dit die moeite werd gemaak.

Die wenners op die Enduro-loop was soos volg:
• Eerste plek – Stiaan van den Heever met 12 rondes
• Tweede plek – Ryno Jonker met 12
• Derde plek – Nicky Broodryk met nege rondes.

Vir al die uitslae, kry jou Hoëvelder by ons koerant te 43Kerk Straat.

Exit mobile version