Local sport

Ermelo hengelaars maak lyne nat

Die klub nooi enige belangstellendes om betrokke te raak en van die geleentheid gebruik te maak om gehalte tyd saam met hul gesinne en vriende langs die viswaters deur te bring.

Die Basa Sosiale Hengelklub het onlangs hul maandelikse kompetisie by die Koos Krugerdam aangebied.

Volgens die klubvoorsitter, Jaco Oosthuizen, het hulle ‘n goeie opkoms met 18 hengelaars vir die dag gehad.

Die grootste krap is deur Riette Cronjé gevang en het 2,4 kg geweeg.

Daniel Olivier het die grootste baber van 6,27 kg gevang.

Danie Olivier het die grootste baber van 6,27 kg gevang. Foto | Jaco Oosthuizen

Die klub nooi enige belangstellendes om betrokke te raak en van die geleentheid gebruik te maak om gehalte tyd saam met hul gesinne en vriende langs die viswaters deur te bring.

“Dit is ‘n sosiale klub, en ons wil graag hengel weer terugbring deur families en vriendegroepe betrokke te maak,” het Oosthuizen gesê.

Die klub sal maandeliks ‘n klubkompetisie aanbied, waartydens die hengelaars se visse geweeg word en punte daarvolgens opgebou word. ‘n Klubkampioen sal aan die einde van die jaar aangekondig word.

Vir meer inligting, skakel Oosthuizen by 082 336 6937.

Related Articles

Back to top button