Local sport

Ermelo-stoeiers blink uit in Ekurhuleni

Reghardt van Niekerk, die voorsitter van die Ermelo Stoeiklub het gesê dat daar oor die 500 inskrywings was.

Die seuns van die Ermelo Stoeiklub het op 25 Februarie aan die Ekuruleni Ope Kampioenskap deelgeneem.

Die klub het ses lede in die toernooi gehad wat met medaljes weggestap het.

Reghardt van Niekerk, die voorsitter van die Ermelo Stoeiklub het gesê dat daar oor die 500 inskrywings was.

“Die laaste wedstryd het eers om 22:00 plaasgevind, so dit was ’n lang dag vir dié jong stoeiers. Hulle het hulle baie goed van hul taak gekwyt om by so groot byeenkoms medaljes te verower.”

Hy het sy gelukwense aan die seuns met hul onderskeie prestasies oorgedra.

Die uitslae is soos volg:

  • Kyle Breytenbach o. 11: silwer
  • Dawid de Wet o. 10: brons
  • Juard Bisschoff o. 7: brons
  • Teghan Breytenbach o. 17: – verower silwer in die presidente- en brons in die o. 17-afdeling
  • Dewet Luus o. 17: silwer
  • Du Toit Landman o. 17: brons
  • AJ van Niekerk o. 13: verower goud in die presidente- en silwer in die o. 13-afdeling.

Related Articles

Back to top button