Local sport

Ermelo Stoeiklub sluit die jaar af

Die stoeiers het deur die jaar hard gewerk, en is op dié aand met wisseltrofeë beloon.

Die Ermelo Stoeiklub het onlangs sy algemene jaarvergadering en prysuitdeling by Laerskool JJ van der Merwe aangebied.

Die stoeiers het deur die jaar hard gewerk, en is op dié aand met wisseltrofeë beloon.

Teghan Breytenbach en MJ de Villiers. Foto | Janina de Jager

Neil Basson is as die beste stoeier in die o. 5- en o. 6-groep aangewys, Marnus Smith was die beste stoeier van die o. 7-groep, Juard Bisschoff van die o. 8’s, David de Wet van die o. 9’s en Woldemar Winckler was die beste stoeier in die o. 10-groep.

Steven Smith en Woldemar Winkler. Foto | Janina de Jager

In die o. 13-groep is AJ van Niekerk as die beste stoeier aangewys, Henco Boshoff was die beste o. 15-stoeier en Henco du Bruyn die beste o. 17-stoeier.

Lamont Swart het die trofee vir die moedigste stoeier ontvang en Lohan van Niekerk was die stoeier wat die beste gevorder het.

Henco du Bruyn het die trofeë vir die mees wetenskaplike stoeier en meriete stoeier ontvang. Hy het ook die Hannes Dedekind Wisseltrofee vir Grieks-Romeins, asook die Coetzee-skild vir die beste prestasie verower. Foto | Janina de Jager

Die trofee vir die beste beginner is aan Johannes Landman oorhandig.

Sien die volledige uitslae in Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button