Ermelo-inwoners neem deel aan wedloop te midde van gure weer

Ten spyte van die reën en weerlig wat die resies met 'n paar minute uitgestel het, was al die deelnemers opgewonde om te begin

Die jaarlikse Hans Storm-gedenkwedloop, wat op  9 Oktober by die Body Strong Gimnasium plaasgevind het, het ‘n groot groep inwoners en leerders gelok.

Daar is ‘n 10 km-wedloop en ‘n 5 km-pretwedloop aangebied.

Ten spyte van die reën en weerlig wat die resies met ‘n paar minute uitgestel het, was al die deelnemers opgewonde om te begin.

Die eerste Hans Storm-wedloop is sowat 40 jaar gelede, kort nadat Storm in ‘n ongeluk naby Bloemfontein dood is, gehou.

Dis ook die jaar dat dié kranige atleet aan sy eerste Comrades Marathon sou deelneem.

Ná sy dood het die lede van die Ermelo Marathonklub sy ouers se toestemming gevra om die jaarlikse resies in sy naam aan te bied en só hulde aan ‘n puik atleet te bring.

Die organiseerders het elkeen wat die geleentheid bygewoon het, bedank.

Maak seker jy kry jou kopie van die Hoëvelder vir al die uitslae.

Exit mobile version