Motorfietsryers palm pryse in

Vir die deelnemers was dit beslis een vir die boeke, en elkeen het die roete vol uitdagings geniet en hul beste voetjie voorgesi

Ermelo se motorfietsryers het op 31 Augustus aan die laaste ronde van die Farm Jam Round by Buksie’s Pub & Grill deelgeneem.

Vir die deelnemers was dit beslis een vir die boeke, en elkeen het die roete vol uitdagings geniet en hul beste voetjie voorgesit.

Hulle was van vroeg af gereed om die dag se aksie op die baan af te skop.

Paulus van Niekerk het in die 85 pro-klas deelgeneem en ’n sesde plek behaal.

In die 85 junior klas het Gustav van Niekerk sesde geëindig en Janu van der Meulen agtste.

In die S3 Novice-klas het Dian Jacobs tweede geëindig en MJ van Aarde derde. LP Scheepers was agtste, Jaun van der

Westhuizen 14de, RW Beyleveld 15de, Willem Jacobsz 16de en DJ Beyleveld 19de.

Barend Olivier het eerste in die Older Bikes-klas geëindig.

Met die laaste ronde van die Farm Jam het die kampioenskap ook tot ’n einde gekom en het die Ermeloërs die volgende plekke behaal:

S3 Novice:

• Dian Jacobs: Eerste

• MJ van Aarde: Vyfde.

85 Junior:

• Gustav van Niekerk: Vyfde.

Exit mobile version