Ermelo Stoeiklub neem deel in Komatipoort

Die Pumatjie-stoeiers het elkeen met hul eerste toernooi ’n skild ontvang.

Van Ermelo Stoeiklub se stoeiers het op 27 Julie aan die vierde MSV Pumatjie- en ouderdomskampioenskap in Komatipoort deelgeneem.

Hulle het hul goed van hul taak gekwyt en die dag ten volle geniet.

Die Pumatjie-stoeiers het elkeen met hul eerste toernooi ’n skild ontvang, waarop ’n knopie aangebring word vir elke toernooi wat hul bywoon.

Albert Fivaz, Gert Botha, Janko Rautenbach, JP Joubert, Nantus Buskes en Ruan Rautenbach het aan hul derde toernooi deelgeneem, terwyl Keanu van Loggerenberg sy vierde knopie ontvang het.

JD Anderson, Luke Anderson en Zion Leonard het hul vyfde knopies ontvang, en Neil Basson en Skyler van Dyk hul 10de.

JP Joubert in aksie. Foto | René Joubert

Tydens die MSV-kampioenskap het die stoeiers nege medales ingeryg:

• Albert Fivaz: silwer

• Zion Leonard: goud

• Neil Basson: silwer

• Luke Anderson: brons

• JD Anderson: silwer

• Marnus Smith: silwer

• Kyle Breytenbach: drie goud.

Exit mobile version