Sport

Phatboys-agtbalspanne skiet raak

Phatboys 2 het hul wedstryd teen die Ball Busters met 9-0 gewen, 8-2 teen die Royal Punks en 8-1 teen die Pool Punks.

Die lede van die Phatboys Potspelklub het op 2 Junie aan die Mpumalanga-agtballiga by Phatboys deelgeneem.

Ermelo se span het teen die Memories-span van Secunda meegeding.

In dié liga bestaan die spanne uit drie spelers, wat elk teen die ander span se spelers speel.

Phatboys 2 het hul wedstryd teen die Ball Busters met 9-0 gewen, 8-2 teen die Royal Punks en 8-1 teen die Pool Punks.

Lynette Schönfeldt. Foto | René Joubert

Rasta Msimango het al nege sy wedstryde gewen, terwyl Lincoln Mavuso en Neels Botha elk agt gewen het.

Phatboys 3 het al drie hul wedstryde gewen. Hul uitslae was 7-2, 6-3 en 6-3 onderskeidelik.

Steven Abbott het agt gewen, Thato Sebothoma vyf en Fortune Nxumalo ses.

Phatboys 4 het hul wedstryd teen die Ball Busters met 5-4 gewen, 2-7 teen die Royal Racks verloor en 4-5 teen die Pool Punks verloor.

Neels Botha in aksie. Foto | René Joubert

Ruan Lengenhager het vier wedstryde gewen, en Lynette en Gert Schönfeldt elk drie.

Phatboys 5 het 3-6 teen die Royal Racks verloor, 5-4 teen die Ball Busters gewen en 3-6 teen die Pool Punks verloor.

Thando Vilanculas het vier wedstryde gewen, Ester Krog drie en Bianca Schönfeldt vier.

Enige persoon wat by die klub wil aansluit, kan Botha by 066 476 2060 skakel.

 

Related Articles

Back to top button