Gert van der Merwe beklink Ermelo Gholfklub se jaarlikse opekampioenskap

Die prys vir die beste oggendgros is deur Jarrod Elliott gewen met sy 70, terwyl Steve Smit die prys vir die beste middaggros verower het. Hy het 72 houe gespeel.

Gert van der Merwe het Saterdag Ermelo Gholfklub se jaarlikse opekampioenskap gewen deur ‘n 138 gros aan te teken.

Gary Daniel met 142 was tweede en Jaco van der Watt ook met 142, was derde.

Altesaam 40 spelers het aan die kampioenskap deelgeneem.

Van der Merwe het 71 houe oor die eerste 18 putjies aangeteken, teenoor Daniel en Van der Watt se 73 houe elk.

Die prys vir die beste oggendgros is deur Jarrod Elliott gewen met sy 70, terwyl Steve Smit die prys vir die beste middaggros verower het. Hy het 72 houe gespeel.

Gary Dennis het die prys vir die beste oggendnetto verower, terwyl Morné Wasserval die prys vir die beste middagnetto gewen het.

Exit mobile version