Sport

Motorfietsryers la’t wiel in Ermelo

John-Luke van der Westhuizen het die 65cc-klas gewen, met Derik Malan tweede en Louw Lombard derde.

PC Racing het Saterdag ’n motorfietswedren ten bate van Laerskool JJ van der Merwe aangebied.

Die motorfietsryers was van vroeg af gereed om die dag se aksie op die baan af te skop.

Dié leierprojek het vermaak vir die hele gesin gesorg, met verskeie kosstalletjies wat boereworsrolle en mini-oliebolle verkoop het.

Daar was ook ’n skaap op die spit, wat die toeskouers ná die kompetisie geniet het.

GALERY – Motorfietsryers geniet wedren in Ermelo

In die 50cc-klas het Regard Gouws koning gekraai, met Sias van Niekerk tweede, Thea van Niekerk derde en Tommie van den Heever vierde.

John-Luke van der Westhuizen het die 65cc-klas gewen, met Derik Malan tweede en Louw Lombard derde.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button