Sport

Ermelo se Tomahawks slyp hul tande vir opkomende seisoen

Die klubbestuur nooi al die manne wat verlede jaar gespeel het, asook alle spelers wat belangstel om vanjaar nuwe lede van die klub te word, om saam te oefen.

Ermelo Tomahawks is reeds hard aan die oefen vir die nuwe seisoen wat voorlê.

Oefentye is vasgestel vir Dinsdae en Donderdae om 6nm by AJ Swanepoel Stadion.

Die klubbestuur nooi al die manne wat verlede jaar gespeel het, asook alle spelers wat belangstel om vanjaar nuwe lede van die klub te word, om saam te oefen.

Die Tomahaks is verlede jaar as die Protea-beker kampioene gekroon.

Die rugbyklub sal op 22 Oktober in hul eerste wedstryd vir die liga teen Bethal Buffels te staan kom.

Inwoners word uitgenooi om die span by AJ Swanepoel Stadion te ondersteun.

Vir meer inligting kontak die Bennette Burger, afrigter, by 084 421 9334.

Related Articles

Back to top button