Sport

Erries bied suksesvolle Impi Visser-toernooi aan

Leerlinge het aan verskeie sportsoorte deelgeneem en gewys wat in hulle steek.

Hoërskool Ermelo het vanaf 2 tot 3 September die Impi Visser Toernooi aangebied.

Leerlinge het aan verskeie sportsoorte deelgeneem en gewys wat in hulle steek.

Tennis
Vanjaar het die EHS Hoëveld-tennistoernooi ook deel van dié toernooi gevorm.

Die deelnemende skole was Hoërskool Nelspruit, HTS Middelburg, Hoërskool Secunda, asook die eerste en tweede span van Hoërskool Ermelo.

Danel Olivier moker die bal terug na haar teenstander. Foto | Wayne van der Walt

Fast 5-netbal
Twee van die Erries se spanne het uitstekend presteer:

Crinums (EHS o. 15) wen al die wedstryde: teen Streepmuise (27-9), teen Sprites (37-5), teen Secunda o. 15B (34-19), teen Hans Moore (25-7), teen Secunda o. 15A (20-8) in die halfeindronde en teen Secunda o. 15B (31-18) in die eindronde.

Marize van Niekerk. Foto: Wayne van der Walt

“Die netbal is in mooi styl en goeie sportmangees gespeel en die liefde vir die sport was deurentyd sigbaar,” het Pieter Grobler, EHS-skoolhoof gesê

Sewesrugby
Daar was 28 spanne wat onderskeidelik in die o. 13-, o. 15- en o. 17-ouderdomsgroepe deelgeneem het.

“Die dae het mooi rugby opgelewer en die Erries het hulle goed van hul taak gekwyt,” het Grobler gesê.

• In die halfeindronde wen die o. 13 junior-Erriespan met 26-19 teen Secunda. Hierdie jong toekomstige Erries eindig as naaswenners in die o. 13-ouderdomsgroep.

EJ Venter in aksie. Foto | Anton Esterhuizen

“Almal, spelers, ouers en teenstanders, is dit eens dat die Erries weer eens gewys het van watter stoffasie hulle gemaak is deur so ’n voortreflike dag te kon reël. Grobler het elke borg wat van die toernooi ’n sukses gemaak het, hartlik bedank.”

Kry al die uitslae in die volgende Hoëvelder.

Related Articles

Back to top button