Ermelo Brahmane spog met nuwe truie

Die Brahmane sal op 23 Julie teen Amsterdam Buffels op AJ Swanepoel Stadion kragte meet.

Die Brahmane Rugbyklub het op 15 Julie die spelers se nuwe truie aan hulle uitgedeel en hul borg vir die spoggerige truie bedank.

Bennette Burger, die afrigter van dié span het gesê dat die klub se komitee hard werk om die rugbyklub se naam weer in ere te herstel en nooi alle belangstellende spelers uit om weekliks by die oefeninge aan te sluit wat elke Dinsdag en Donderdag vanaf 18:00 tot 19:30 plaasvind.

Met vele nuwe gesigte en jong spelers, is die span een om dop te hou.

Die bestuur van die Ermelo Brahmane met die nuwe truie, is Shantelle Burger, Bennette Burger, Leonhardt Venter, Sindiswa Mbokane en Larisa Steenkamp.

Die Brahmane sal op 23 Julie teen Amsterdam Buffels op AJ Swanepoel Stadion kragte meet.

Afskoptyd is om 16:15 en die bestuur nooi alle inwoners om die span te ondersteun.

Vir meer inligting oor die rugbyklub, skakel Burger by 084 421 9334.

Exit mobile version