Ermelo Brahmane verloor stryd teen Kriel

Sean Duranty is as die voorspeler van die wedstryd aangewys en Zevey Geel was die agterspeler van die wedstryd.

Die Ermelo Brahmane het onlangs die span van die Kriel Sadersklub op AJ Swanepoel Stadion die stryd aangesê.

Die manne van Ermelo moes die knie buig met ’n naelskraaptelling van 16-19.

Ermelo se puntemakers was Zevey Geel en Cabang Mbokane wat elkeen ’n drie aangeteken het.

Nickey Jansen van Rensburg het ook gehelp om punte op die telbord te plaas met twee strafskoppe.

Sean Duranty is as die voorspeler van die wedstryd aangewys en Zevey Geel was die agterspeler van die wedstryd.

Die span het PC’s, McLovin Trading & Supply en Overland Liquor vir hul borge bedank.

“Ons wil ook elkeen wat die wedstryd bygewoon het, vir hul ondersteuning bedank,” het mnr. Bennette Burger, die afrigter, gesê.

Die Brahmane sal op 4 Junie kragte teen Marble Hall op Marble Hall meet.

Exit mobile version