Local sportSport

Hoërskool Ermelo lewer kookwater wintersport op

Die hokkiespanne het ’n totaal van 54 doele aangeteken met geen doele teen hulle nie.

Hoërskool Ermelo en Hoërskool Rob Ferreira het die afgelope naweek, 28 Mei, kragte in Ermelo gemeet.

EHS se rugbymanne het kookwaterrugby gespeel en gewys wat in hul steek met slegs een verloor en een gelykop wedstryd.

Die hokkiespanne het ’n totaal van 54 doele aangeteken met geen doele teen hulle nie.

GALLERY – Hoërskool Ermelo laat Hoërskool Rob Ferreira les opsê

Errie-netbal was aan die brand en het slegs een wedstryd verloor.

Die uitslae vir die naweek se wedstryde is soos volg:

Rugby (gasheer se telling eerste)
  • Die o. 14A-span speel gelykop met 24-24
  • Die o. 15A-span behaal ’n 24-17-sege
  • EHS se o. 15B’s kraai koning met ’n telling van 42-5
  • Erries se o. 16A-span stap na klipharde verdediging in die laaste minute van die wedstryd met ’n oorwinning van 10-5 van die veld af
  • Die o. 16B-span verloor naelskraap met 10-15
  • Die derde span wen gemaklik met 43-0
  • Die tweede span wen 24-21
  • EHS se eerste span het gewys wat in hul steek en ’n 44-26-oorwinning behaal.
Hokkie (gasheer se telling eerste)
  • Die o. 14A-span stap met ’n oorwinning van 9-0 van die veld af
  • EHS se o. 15A-span wen 6-0
  • Met geen keer aan die o. 16A-span van EHS, eindig die wedstryd in hul guns met 15-0
  • Die tweede span hou die toeskouers op hul voete en behaal ’n 8-0-sege
  • EHS se eerstes het nie op hulle laat wag nie en wen die wedstryd 16-0.
Netbal (gasheer se telling eerste)
  • EHS se o. 14A-span wen 19-9
  • Die o. 14B’s klop hul teenstanders 14-8
  • Die o. 15A-span kry teenstand en verloor 10-13
  • EHS se o. 15B-netbaldogters behaal ’n 12-7-oorwinning
  • Die o. 16A-span laat hul teenstanders les opsê met ’n telling van 36-11
  • Die o. 16B-span wen 18-4
  • Erries se tweede span klop hul teenstanders 29-4
  • Die eerste span se sterk verdediging en spanwerk het hul oorwinning van 31-19 verseker.

Related Articles

Back to top button