Lede van die Ermelo Marathonklub het onlangs aan die TWK 3-in-1 Assagaai Marathon op Piet Retief deelgeneem.
Nico Weweje het die 21,1 km-wedloop in ’n tyd van 01:52;53 voltooi, en Andries Koekemoer was kort op sy hakke met ’n tyd van 01:52;54.
Lionel Putter het die 10 km-wedloop in ’n tyd van 01:13;12 volooi en Anneline Weweje in ’n tyd van 01:24;53.
Putter het ’n eerste plek in die 50-jaar-en-ouer-afdeling behaal.