Local sportSport

Erries meet kragte met Hoër Volkskool Heidelberg

Op die rugbyveld was dit gans ’n ander saak. Vele taai wedstryde is gespeel en die feit dat daar geen werklike wegholtellings was nie, spreek van die feit dat die spanne ewe vaardig was.

Hoërskool Ermelo en Hoër Volkskool Heidelberg het mekaar onlangs die stryd aangesê tydens ’n bitter koue wintersport-kragmeting.

In die hokkie het Ermelo besonderse welslae behaal en lag-lag al hul wedstryde gewen.

Op die rugbyveld was dit gans ’n ander saak. Vele taai wedstryde is gespeel en die feit dat daar geen werklike wegholtellings was nie, spreek van die feit dat die spanne ewe vaardig was.

Edrich Beyer op ’n stormloop. Foto’s | Wayne van der Walt
Rugby: (Gasheer se telling eerste)
  • Die o. 14A-span het die dag afgeskop met die wedstryd wat in Hoër Volkskool Heidelberg se guns geswaai het., met die eindtelling 17-26
  • Die o. 14B-span van Ermelo verloor 7-17
  • Die o. 15A- en B-spanne verloor onderskeidelik 12-25 en 0-17
  • Die o. 16A’s behaal ’n sege oor hul teenstanders met ’n eindtelling van 26-12
  • Erries se o. 16B-span is triomfantelik met ’n eindtelling van 28-12
  • Erries se tweede span hak die knoop so skramsweg deur en wen hul wedstryd 32-29
  • Die derde span wen 24 -12
  • EHS se trotse eerste span het reg om te glimlag nadat hulle uit die stryd stap met ’n 19-5-oorwinning.

Dogtershokkie: (Gasheer se telling eerste)
  • Die Erries se o. 14A-dogterspan behaal ’n 13-1 oorwinning
  • Die o. 15A-span wen hul kragmeting met 11-0
  • Die dogters van Hoërskool Ermelo se o. 16A’s wen 4-0
  • EHS se tweede span wen 8-0
  • Erries se eerste span maak korte mette van hul teenstanders en wen 15-1.
Jaclyn Venter op die aanval. Foto’s | Wayne van der Walt
Seunshokkie: (Gasheer se telling eerste)
  • Erries se o. 16A-span swaai die septer 8-0
  • Die eerste span wen ook 6-0.
Gideon Boersema van Hoërskool Ermelo verdedig teen sy teenstander. Foto’s | Wayne van der Walt

Related Articles

Back to top button