Local sportSport

EHS-wintersportspanne meet kragte met Hoërskool Oosterlig op Erries-tuisveld

HS het dié vriendskaplike wedstryde as proewe gebruik, en al die spanne het die dag met goeie uitslae afgesluit.

Hoërskool Ermelo se wintersportspanne het onlangs met Hoërskool Oosterlig in ’n reeks vriendskaplike wedstryde kragte gemeet.

EHS het dié vriendskaplike wedstryde as proewe gebruik, en al die spanne het die dag met goeie uitslae afgesluit.

Die netbalspanne het besonders goed gevaar, en vyf van hul agt wedstryde gewen.

CJ van Huysteen. (Foto: Verskaf)

Hul uitslae is: o. 14A (13-6), o. 14B (11-7), o. 15A (12-7), o. 15B (4-7), o. 16A (14-8), o. 16B (7-10) en die tweede span (5-18).

Die eerste span het hul wedstryd met ’n telling van 24-19 gewen.

Op die hokkieveld het die o. 14A-span 6-0 en die o. 15A-span 3-0 gewen.

Marius Nel. (Foto: Verskaf)

Die tweede span het hul teenstanders 5-0 geklop, terwyl die eerste span aanskoulike hokkie gespeel het en hul wedstryd 14-0 beklink het.

EHS se o. 16A-seunsspan het 5-0 gewen en die eerste seunspan 10-0.

By die rugbyspanne het slegs een span hul wedstyd verloor.

Die o. 14A-span het met ’n telling van 5-0 gewen, terwyl die o. 14B-span ’n oorwinning van 22-10 behaal het.

Rynard Herholdt. (Foto: Verskaf)

EHS se o. 15-spanne het onderskeidelik met 17-3 en 24-20 gewen, die o. 16A-span het Oosterlik met 37-7 geklop en die o. 16B-span het hul wedstryd met 22-7 gewen.

Die tweede span kon nie hul opponente troef nie en het 13-16 verloor.

Die eerste span het na ’n harde stryd hul wedstryd met 36-19 gewen.

Related Articles

Back to top button