EHS-atlete verwerf Mpumalanga-kleure

Tyrone Berning het in die seuns o. 17 sy kleure vir 400 m, 400 m-hekkies en hoogspring behaal.

Atlete van Hoërskool Ermelo het onlangs aan die Mpumalanga-atletiekbyeenkoms deelgeneem, en agt Erries- provinsiale kleure verwerf.

Twee o. 15-seuns, Luan Greyling in die 800 m-item en Kryn Romijn in die 400 m-item, is deur na die Suid-Afrikaanse atletiekbyeenkoms.

Tyrone Berning het in die seuns o. 17 sy kleure vir 400 m, 400 m-hekkies en hoogspring behaal.

Die dogters o. 15 wat hul kleure verwerf het, is Marlioné Erasmus in die 4 x 200 m-aflos, Elizma Swart en Mikaela Hand albei in gewigstoot en diskus.

Mia Steenkamp en Mia Davel het in die dogters o. 17 in onderskeidelik die 400 m-item en 400 m-hekkies en hoogspring hul kleure verwerf.

Dié atlete sal aan die verskeie Suid-Afrikaanse atletiekbyeenkomste deelneem.

Exit mobile version