School sportSport

Erries behaal gemengde welslae teen Middelburg Hoërskool

Kookwater netbal- en rugby was aan die orde van die dag.

Hoërskool Ermelo het op Saterdag 5 Maart gasheer vir Hoërskool Middelburg gespeel.

Netbal- en rugbyspanne het mekaar die stryd aangesê en strawwe kompetisie het die Erries gemengde welslae sien behaal.

Rugby: 

(Gasheer se telling eerste)
Hardlooprugby en goeie vaardighede was duidelik te siene tussen die Erries- en Middies-spanne.
• Die o. 14A-span het die dag afgeskop met ’n spannende wedstryd wat in Middies se guns geswaai het. Die eindtelling was 7-10.
• Die o. 14B-span van Ermelo verloor 5-22.
• Middies se o. 15A’s gee die Erries ’n rugbyloesing met ’n wegholtelling van 7-75.
• Die o. 15B-span klop hul teenstanders 17-10.
• In ’n naelbytstryd is die Erries se o. 16A-span triomfantelik met ’n eindtelling van 13-12.
• Die o. 16B’s wys die Middies waar Dawid die wortels gegrawe het en wen 45-5.
• Erries se derde span vaar puik en behaal ’n gunstige uitslag van 21-0.
• In ’n uiters spannende wedstryd, met die eindtelling 13-12, behaal Erries se tweede span ’n naelskraapsege.
• Die Erries se eerste span kom ongelukkig die mas nie op nie en stap uit die stryd met ’n 0-31 nederlaag.

’n Erries-speler word deur sy Middelburg eweknie gelak. (Foto: Wayne van der Walt, Hoëvelder redakteur)
Netbal: 

(Gasheer se telling eerste)
• Die Erries se o. 14A-dogtersspan behaal ’n 8-6 oorwining.
• Erries se o. 14B-span verloor 0-13.
• Middies se o. 15A-span kraai koning met eindtelling 8-14.
• Die dogters van Hoërskool Ermelo se o. 15B’s verloor 4-15.
• Erries se o. 16A-span wen so hittete met ’n eindtelling van 11-10.
• Die Ermelo-dogters van die o. 16B-span swaai die septer 12-8 in hul kragmeting.
• Erries se tweede span verloor 6-20.
• Hartseer vir die eerste span van Hoërskool Ermelo, met ’n verpletterende nederlaag van 9-37.ERMELO – Hoërskool Ermelo het op Saterdag, 5 Maart gasheer gespeel vir Hoërskool Middelburg waar netbal- en rugbyspanne mekaar die stryd aangesê het.

Twee netbalspelers bots in ‘n hewige kompetisie vir die bal (Foto: Wayne van der Walt, Hoëvelder redakteur)

Related Articles

Back to top button